Cool Creations Designs Banner, Bells, ribbon and dove

SitemapWerfkaartHome/TuisUp/OpChristelike TemasDiereEetgoedFantasielandGebeureGroter OntwerpeItemsKuns en MusiekLetters en NameMenseNatuurSeeleweSport

Updated: February 03, 2023 ** Opgedateer: 3 Februarie 2023

    

    

English

 

 Cool Creations se Groter Ontwerpe

 

Op soek na groter borduurontwerpe?

Die meeste ontwerpe in die veelsydige Cool Creations versamelings pas in 'n gewone borduurraam se 10 cm x 10 cm area. Dié ontwerpe kan ook verklein word. Cool Creations het egter nou ook 'n groter ontwerpgrootte toegevoeg tot die pragtige Cool Creations suite.

'n Splinternuwe reeks groter borduurontwerpe
(10 cm x 17 cm) is die nuutste byvoeging tot Cool Creations se omvattende reeks borduurontwerpe. Die grootte kan wel verklein word na 10 cm x 10 cm, maar nie na 'n ander grootte tussenin nie. Patrone in hierdie bepaalde formaat is uitsonderlik manjifiek en geborduurde produkte lyk baie uniek. Natuurlik kan die groter ontwerpe nie op alle produkte gebruik word nie, maar lyk spoggerig op groter produkte soos handsakke, inkopiesakke, tafelversierings, sierkussings en talle ander produkte.

 

'n Volledige lys van produkte waarop die groter ontwerpe kan gebruik word word hieronder gegee. Besonderhede, asook die aantal gratis groter ontwerpe per produk word by die individuele produk-inligting aangedui.

As jy 'n groter geborduurde patroon as die stadaard ontwerpe soek, stuur 'n epos en ons sal kyk of die ontwerp van jou keuse inpas op die produk/te wat jy ingedagte het.

Miskien het jy 'n baadjie, onderbaadjie, sjaal, romp, bolero, hemp of mantel wat jy wil versier met die lieflike groter ontwerpe by Cool Creations. Kontak Cool Creations en ons sal met graagte probeer om jou te akkommodeer.

Lys van produkte waar die groter ontwerpe gebruik kan word:

 

Kliek 'n duimnael om 'n groter weergawe te sien

Pryse en aanlynaankope by Cool Shop

Voorbeelde van groter ontwerpe

Verskeie temas

 

Ooievaar
(17x9cm)
Kode:
NA14-Natuur (a)

Helder pienk blomme
(17x10cm)
Kode:
BJ87-Blomme (a)

Helder pers blomme
(17x10cm)
Kode:
BJ87-Blomme (b)

Rooi, oranje en blou blomme
(17x10cm)
Kode:
BJ41-Blomme (b)
       
 
       

Ligroos rankertjie
(17x10cm)
Kode:
BJ86-Blomme (a)

Pers rankertjie
(17x10cm)
Kode:
BJ86-Blomme (b)

Goue blommetjies
en krulle
(17x10cm)
Kode:
AA30-Abstrak (a)
 
       
 

 

Kyk gerus na nog ander patrone van groter ontwerpe by Borduurland se prenteversameling by Groter Ontwerpe

 
 

Pryse en aanlynaankope by Cool Shop

Werfkaart

Home/Tuis
Up/Op
Christelike Temas
Diere
Eetgoed
Fantasieland
Gebeure
Groter Ontwerpe
Items
Kuns en Musiek
Letters en Name
Mense
Natuur
Seelewe
Sport

 

 

 

 

Cool Shop
Cool Creations
Embroideryland

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

SitemapWerfkaartHome/TuisUp/OpChristelike TemasDiereEetgoedFantasielandGebeureGroter OntwerpeItemsKuns en MusiekLetters en NameMenseNatuurSeeleweSport

ARK Web Design since 1998 * ARK Webontwerp sedert 1998

 

ARK Web Design since 1998
ARK Webontwerp sedert 1998

Artists at Piazza
Kunstenaars by Piazza


swallowsoftware.arkpark.net

 ARK Web Design © 2010 - 2023
ARK Webontwerp © 2010 - 2023

kaleidoskoop.afrikaansebybel.net

 

'n Christen ...

Bekering

Bybelteks

Bible Text