Cool Creations Designs Banner, Bells, ribbon and dove

SitemapWerfkaartHome/TuisUp/OpProdukteOntwerpeUitverkopingsNavraeKontakChristelike TemasDiereEetgoedFantasielandGebeureGroter OntwerpeItemsKuns en MusiekLetters en NameMenseNatuurSeeleweSport

Updated: February 03, 2023 ** Opgedateer: 3 Februarie 2023

    

    

English

 

Ontwerpe

Talryke ontwerpe in 'n menigte temas

Ontwerpe

Op soek na 'n baie oulike tipe borduurontwerp? Cool Creations het 'n uitgebreide versameling ontwerpe om van te kies. Jou item sal net perfek lyk! Behalwe die gewone letters in tientalle lettertipes om die item pasgemaak en te verpersoonlik, is daar 'n magdom prente in die veelsydige Cool Creations versameling beskikbaar. Selfs die vitterigste persoon se voorkeure sal bevredig kan word met een of meer van die pragtige ontwerpe in die Cool Creations reeks. Die uitmuntende ontwerpsveld sluit in die mees fynste en delikaatste prentjies, asook opvallende, komiese en kleurryke patrone met panache.

Baie temas is ingesluit. Hier is slegs 'n paar voorbeelde: abstrakte ontwerpe in opvallende, vrolike en kontrasterende kleure, Afrika-kuns, aanloklike babatemas, geskakeerde blomme, musiekinstrumente, insluitende 'n harp en elegante en verfynde Christelike temas soos engele, gebede en kruise.

Die Cool Creations reeks sluit ook 'n groot verskeidenheid diere in byvoorbeeld snaakse beertjies in hul parmantige klein bikini's, snoesige hasies, dolfyne en paddas, eende, pragtige fyn vlinders, helder veelkleurige voëls en perde. Bekoorlike kosbare troeteldiere soos hondjies, katjies en die kontantste muise is deel van die wonderlike versameling. Wildediere soos leeus, tiers, olifante, vlakvarke, bokke en kameelperde is alles ingesluit op die lys.

Die stel sluit ook in drake, feetjies, seeskulpe, hartjies, flambojante hansworse, pragtige poppe, skryfbehoeftes, sportgoed, strikkies, vervoer, vrugte, spotprentjie-karakters en nog baie-baie meer.

Cool Creations voorsien ook geborduurde logos vir besighede op byvoorbeeld uniforms en oorpakke. Addisioneel, verskaf ons ook 'n diens aan skole, sportspanne, klubs en verkennerspanne deur die voorsiening van geborduurde embleme op skoolbaadjies of op sporttruie en T-hemde. Jy mag dalk ook wil kyk na Geborduurde Plakkers.

Wanneer jy 'n prentjie-ontwerp kies, wil jy dalk die items laat pasmaak deur die byvoeging van 'n naam. Sulke letters vir die naam of van is gratis en baie lettertipes is beskikbaar.

Het jy 'n gastehuis, herberg, restaurant of 'n soortgelyke akkommodasie-verblyfplek of dienste? Cool Creations kan die servette, tafeldoeke, handdoeke, waslappe en ander linne soos kussingslope en lakens vir die verbruiker persoonlik aanpas.

Wil jy 'n besigheids-logo laat borduur op produkte? As 'n duidelike logo of prentjie per epos gestuur word, kan die rekenaar-borduurontwerp gemaak word.

Let asseblief op dat alle kleiner borduur ontwerpe vir versiering se maksimum grootte is
10 cm x 10 cm in verhouding, insluitende dié van nommers en letters en naambeelde of kentekens. Die aantal gratis ontwerpies per produk word by die individuele produk-inligting aangedui.

Onlangs het Cool Creations ook pragtige groter ontwerpe (10 cm x 17 cm) bygevoeg by die versamelings. Die groter ontwerpe is slegs van toepassing by sommige produkte. Lees meer by Groter Ontwerpe.

Cool Creations kwoteer nie vir borduurwerk per aantal steke nie, maar slegs per ontwerp. Dit spaar baie!

Volg enige van die onderstaande skakels om meer van die volle reeks skrander ontwerpe te sien.

   
   
   

Christenkuns

Hierdie afdeling sluit die volgende in:

   
 
   

Diere

Hierdie afdeling sluit die volgende in:

   
 
   

Eetgoed

Hierdie afdeling sluit die volgende in:

   
 
   

Fantasieland

Hierdie afdeling sluit die volgende in:

   
 
   

Gebeure
 

Hierdie tema sluit die volgende in:

 

   
 
   


Groter Ontwerpe
10cm x 17cm

Hierdie afdeling sluit die volgende in:

   
 
   

Items

Hierdie afdeling sluit die volgende in:

   
 
   

Kuns en Musiek

Hierdie afdeling sluit die volgende in:

   
 
   

Lettertipes
   
 
   

Mense

Hierdie afdeling sluit die volgende in:

   
 
   

Natuur

Hierdie afdeling sluit die volgende in:

   
 
   

Seelewe
Hierdie afdeling sluit die volgende in:
 
   
 
   

Sport

Hierdie afdeling sluit die volgende in:

   
 
   

As jy nie heeltemal die regte borduurkunswerk by Cool Creations sien nie, sal jy dalk Borduurland, die Prentebiblioteek van Cool Creations wil besoek. 'n Goeie versameling ontwerpe om van te kies is beskikbaar in 'n groot en veelsydige Borduurontwerpversameling.
   
 
   
   
 

Home/Tuis
Up/Op
Produkte
Ontwerpe
Uitverkopings
Navrae
Kontak

 

 

Christelike Temas
Diere
Eetgoed
Fantasieland
Gebeure
Groter Ontwerpe
Items
Kuns en Musiek
Letters en Name
Mense
Natuur
Seelewe
Sport

 

 

Cool Shop
Cool Creations
Embroideryland

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

SitemapWerfkaartHome/TuisUp/OpProdukteOntwerpeUitverkopingsNavraeKontakChristelike TemasDiereEetgoedFantasielandGebeureGroter OntwerpeItemsKuns en MusiekLetters en NameMenseNatuurSeeleweSport

ARK Web Design since 1998 * ARK Webontwerp sedert 1998

 

ARK Web Design since 1998
ARK Webontwerp sedert 1998

Artists at Piazza
Kunstenaars by Piazza


swallowsoftware.arkpark.net

 ARK Web Design © 2010 - 2023
ARK Webontwerp © 2010 - 2023

kaleidoskoop.afrikaansebybel.net

 

'n Christen ...

Bekering

Bybelteks

Bible Text